SA-banke kan nie ophou om steenkool te finansier nie

Suid-Afrikaanse banke sê hulle is nog nie in ‘n posisie om befondsing vir steenkoolprojekte te staak nie. Die banke meen dit sal baie groot politieke en ekonomiese druk op die land, wat staatmaak op olie en steenkool, plaas. Nedbank sê hy sal teen 2025 geen lenings aan steenkoolmyne gee en FirstRand het die sperdatum vir 2026 gestel. Beide finansier glad nie nuwe steenkoolaangedrewe kragstasies nie. Absa en Standard Bank doen nog finansiering, al is dit ‘n baie klein deel van hulle portefeuljes. Die banke sê die finansiering is uiters belangrik om te verseker dat ligte aanbly. Eskom, byvoorbeeld, maat staat op steenkool om 90 persent van die buurland se krag te genereer en meer as 90 000 mense werk in steenkoolmyne in Suid-Afrika.