Dickason word in Maart 2023 verhoor

Die Suid-Afrikaanse ma en dokter wat daarvan aangekla word dat sy haar drie kinders in Nieu-Seeland vermoor het, sal in Maart 2023 verhoor word. Lauren Dickason word daarvan beskuldig dat sy verlede maand die tweejarige tweeling, Maya en Karla, en hulle sesjarige sussie, Liane, by hulle huis in Timaru vermoor het. Dickason het gister toestemming gehad om nie in die hof te verskyn nie omdat haar geestesgesondheid nog ondersoek word. Sy het op die 18de van verlede maand die eerste keer in die hof verskyn.