SPYL sê dit was Telecom se skenking

Telecom Namibia het ‘n verklaring uitgereik waar hy ontken dat die skenking van 150 lessenaars en stoele wat hy aan die Okanghudi Gekombineerde Skool in die Onhangwena-streek gemaak het, in samewerking met die Swapo-party se jeugliga gedoen is. Volgens die maatskappy was daar berigte dat die jeugliga betrokke was maar, die 90 000-dollar skenking is net die Telecom gemaak. Die verklaring volg nadat daar ‘n storie in ‘n dagblad verskyn het dat die jeugliga die skenking gedoen het. Op sy beurt het die jeugliga die storie op sy Facebook-blad geplaas en gesê die liga sal voortgaan om gemeenskappe te ondersteun. Die liga se sekretaris-generaal Hofni Ipinge het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hulle net die skool geidentifiseer het en die eer aan Telecom gegee.