Covid, natuurlike immuniteit & die entstof

Namibia Fact Check het gemaan oor die vertroue wat in ‘n Israelse studie geplaas is oor natuurlike immuniteit teen Covid. Volgens Frederico Links van Namibia Fact Check is die studie nog nie deur die wetenskaplike gemeenskap hersien nie. Hy voeg by dat lede van die gemeenskap wat teen die Covid-inenting gekant is, miskyk dat die studie ook bewys het dat persone wat Covid gehad het, en immuniteit ontwikkel het, verhoogde beskerming kry na ten minste een Covid inenting. Hy voeg by dat talle lande regoor die wêreld, wat Israel, Duitsland en Frankryk insluit, persone wat van Covid herstel het, aanmoedig om ten minste een spuit te neem.