Een Covid-sterfte, 100 nuwe gevalle aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het een Covid-sterfte van ‘n 26-jarige vrou in die Windhoek-distrik aangemeld wat die Sinopharm-entstof ontvang het, asook 100 nuwe gevalle uit 1 448 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van sewe persent is. In die groep is 57 leerders, vyf onderwysers en een gesondheidswerker. Daar is nou 1 308 aktiewe gevalle, waarvan 99 in hospitale is en 15 in intensiewesorgeenhede.