Dooiepunt in onderhandelinge tussen Numsa en werkgewers in ingenieurswese

Daar is steeds ‘n dooiepunt in die gesprekke tussen die National Union of Metalworkers of South Africa, Numsa, en werkgewers in ingenieurswese. Numsa eis ‘n salarisverhoging van agt-persent, maar werkgewers bied slegs 4,4 persent aan. Die vakbond het ‘n kennisgewing uitgereik waarin gesê is lede sal nou landswyd staak. Die woordvoerder Phakamile Hlubi-Majola sê lede het genoeg opgeoffer weens die Covid-19-pandemie en hulle begin volgende maand met versetoptrede.