Suid-Afrika soos Namibië word van vandag af deur Duitsland van sy lys van hoë-risiko-lande verwyder

Duitsland gaan Suid-Afrika soos Namibië van vandag af van sy lys van hoë-risiko-lande verwyder. Dit beteken ingeënte reisigers van Suid-Afrika kan na Duitsland vir nie-noodsaaklike doeleindes reis sonder enige spesiale registrasie, of om bewyse te lewer en aan kwarantyn-vereistes te voldoen. Namibië is reeds van die hoë-risiko-lys afgehaal. Mense wat van Duitsland na Suid-Afrika of Namibië reis, moet egter steeds ‘n negatiewe Covid-19-toets-uitslag voor hulle vertrek kan toon.