Nuwe tydvak vir Suid-Afrikaanse rugby breek aan

‘n Nuwe tydvak vir Suid-Afrikaanse rugby skop die maand af wanneer die Sharks, Stormers, Lions en Bulls by die 12 Guinness Pro 14 klubs aansluit vir die Verenigde Rugbykampioenskap. Sestien spanne sal aan die kampioenskap deelneem. Die Bulle het pas in Frankfurt in Duitsland aangekom oppad na hulle eerste kragmeting soos die president Willem Strauss aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig.