Tante wat vermoedelik kleintjies mishandel moet gebied verlaat

‘n Vrou in die Onakahama-nedersetting in die Oshikoto-streek wat in hegtenis geneem is nadat sy glo twee seuns van onderskeidelik vyf en ses jaar oud se hande in ‘n vuur gebrand het, het in die Ondangwa-landdroshof verskyn. Die 26-jarige Hileni Simon is op waarskuwing vrygelaat en moet dadelik uit die Onankali-gebied trek waar sy die twee kinders opgepas het. Die hof het gelas dat sy nie met die slagoffers of hul voogde in aanraking mag kom nie. Simon het aangedui dat sy haarself gaan verdedig.