Afrika se inentingsteiken – nog ver weg

Die Afrika Sentrum vir Siektebeheer sê die vasteland sal moontlik eers teen die einde van volgende jaar sy Covid-inentingsteikens kan bereik. Die sentrum se Afrika-direkteur, dr. John Nkengasong, sê die vasteland sal baie vinniger moet beweeg om sy inwoners burgers ingeënt te kry. Die teiken is om ten minste 60 persent van die vasteland se volwasse bevolking teen die einde van dié jaar in te ent. Kosmos se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, is aan die woord.