MH17: families getuig

Die families van die 298 slagoffers van die Maleisiese Lugdiens se vlug MH-17 voer aan Rusland praat nie die waarheid oor sy rol in die afskiet van die vlug nie. Internasionale ondersoekers sê die vliegtuig is in 2014 oor die Oekraïne met ‘n missiel afgeskiet wat deur pro-Russiese rebelle afgevuur is. Die families het begin met hulle getuienis by die Nederlandse verhoor van vier verdagtes, wat in hulle afwesigheid verhoor word. Hulle het almal betrokkenheid ontken. Ria van der Steen wat haar pa en stiefma verloor het sê sy is vol wraak, haat, woede en vrees en eis geregtigheid.