Vierde seisoen van SA20 begin net na Kersfees
Krieket: Die vierde seisoen van die SA20 begin reeds in laat Desember vanjaar. Die datum is vervoeg omdat die Proteas dan nie enige internasionale verpligtinge het nie. Seisoen vyf begin soos gewoonlik in Januarie 2027 met ʼn langer ruskans tussen wedstryde en minder wedstryde gedurende die week. Dit sal ʼn propvol jaar vir die plaaslike spel inlui, met die Wêreldbekertoernooi vir mans wat in Suid-Afrika, Zimbabwe en Namibië plaasvind.