Gibson-Park glo Skotte kan Ierland klop

Rugby: Ierland se skrumskakel, Jamison Gibson-Park, sal nie verbaas wees indien Skotland hulle hierdie naweek die eerste keer in agt jaar klop nie. Die twee spanne speel Sondag teen mekaar in ʼn Sesnasies-wedstryd op Murrayfield. Skotland het Ierland laas in 2017 geklop en daarna tien keer agtermekaar verloor. Gibson-Park glo egter Skotland is ʼn puik span met baie goeie spelers en verwag ʼn taai kragmeting. Italië speel Saterdag in die tweede ronde in Rome teen Wallis en Engeland en Frankryk speel op Twickenham.