Wetsontwerp sal dalk kadawer-tekort aanspreek
Daar is ‘n tekort aan kadawers by Unam se Skool van Medisyne, want die universiteit kry kadawers van Suid-Afrika, waar daar ook ‘n tekort is. Die huidige wette verbied ook die gebruik van onopgeëiste menslike oorskot en skenkings is min. Kosmos 94.1 Nuus het met gesondheid minister Kalumbi Shangula gepraat, wat sê daar word gewerk aan ‘n wetsontwerp in die verband.