SA maak plan om seelewe te beskerm

Die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid sê hy ontwikkel maniere waarop ekonomiese groei en die beskerming van mariene hulpbronne gebalanseer kan word. Dit volg nadat kenners gewaarsku het die geraas van kommersiële vaartuie onder die water, ontwrig die seelewe. Die adjunkminister van Vervoer, Mkhuleko Hlengwa, het met verskeie belanghebbendes in Kaapstad gepraat en bevestig daar sal versagtingstrategieë in die Suid-Afrikaanse Maritieme Kode ingebou word en het aangedring op ‘n verbetering in die beskikbaarheid van hulpbronne.