Tienermeisie sterf in haai-aanval in Australië

‘n Vroulike swemmer is in ‘n haai-aanval dood toe sy by ‘n gewilde vakansieoord aan die ooskus van Australië geswem het. Die polisie in Queensland berig die vrou het by Woorim Beach op Bribie-eiland, sowat 80-kilometer noord van Brisbane, geswem toe sy ernstige beserings opgedoen het wat tot haar dood gelei het. Australiese media het wyd berig die slagoffer is ‘n 17-jarige meisie. Die Australiese openbare uitsaaier, ABC News, sê daar is baie haaie rondom Bribie, maar inwoners sê dit is steeds ‘n skok omdat die voorval so naby aan die kuslyn plaasgevind het.