Nasionale Vergadering vir meer as ‘n jaar lam gelê

Die Covid-pandemie het nie die parlement van Namibië gespaar nie en die werkinge omtrent gekniehalter. Op 17 Maart 2020 het President Hage Geingob ‘n noodtoestand uitgereik en dit was die laaste goedkeuring waarop die sesde Nasionale Vergadering hul stempel afgedruk het. Volgens navorser Frederico Links van die Instituut vir Openbare Beleidnavorsing, is daar talle wetgewing wat nog vir goedkeuring wag. Links het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die instituut het ‘n interessante parlementêre nuusbrief gepubliseer.