Busongeluk-slagoffers se oorskot na Botswana gerepatrieer

Die liggame van 45 Botswana-burgers wat tydens Paasfees tragies in ‘n busongeluk in Limpopo gesterf het, is vandag vanaf die Gateway Internasionale Lughawe gerepatrieer. Die identifikasieproses is voltooi en die Botswana Weermag hou toesig oor hul terugkeer. Baie liggame is erg verbrand in die ongeluk wat op pad na die Zion Christenkerk se Paaskonferensie plaasgevind het. Die LUR vir Gesondheid, Phophi Ramathuba, sê die repatriasie bied afsluiting vir die bedroefde gesinne.