Geen kos vir skoolvoedingsprogram

Plaaslike media berig dat daar ‘n vertraging is in die verkryging van voedsel vir die skoolvoedingsprogram in die land. Luidens die berigte sal kinders wat staatmaak op die daaglikse maaltyd moontlik tot einde Augustus moet wag omdat dit 21 dae neem vir aflewering na bestelling. Die Sentrale Verkrygingsraad het in Mei vanjaar die onderwysministerie toestemming gegee om die proses as dringend te begin maar dit is steeds nie gefinaliseer nie. Sem Shino, een van die woordvoerders by die ministerie het aan plaaslike media bevestig dat die aankoopproses die week gefinaliseer sal wees en dat kos moontlik teen volgende week by die eerste skole afgelewer sal wees. Meer as die helfte van skoolgaande kinders in Namibië, net meer as 400 000, maak staat op die voedingsprogram om ‘n ete ‘n dag te bekom.