Numsa dreig om te staak

Die Suid-Afrikaanse metaalwerkersvakbond, Numsa, dreig met sy grootste staking ooit in die staal- en ingenieursektor. Die vakbond het die loonverhogingsaanbod van 4,4 persent van die Federasie van Staal- en Ingenieursbedrywe verwerp. Numsa het ‘n nuwe hersiene looneis van 8 persent aan werkgewers in die ingenieursektor voorgelê. Die hoofsekretaris van die vakbond, Irvin Jim, sê hulle is ook gekant teen die regering se plan om pensioenfondslede toe te laat om ‘n gedeelte van hulle aftreegeld te onttrek: