WGO keur nuwe middels vir Covid

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het twee nuwe middels vir die behandeling van ernstige Covid-gevalle goedgekeur. Die eerste is Sanofi se Kevzara en die tweede, Roche se Actemra. Kevzara bevat kortikosteroïede en Actemra is ‘n rumatiek middel. Die WGO sê ‘n studie van 11 000 pasiënte het bevind dat die twee middels akute inflammasie verhoed en asemhaling bystand verminder in kritieke Covid-gevalle. Intussen het Dokters sonder Grense in Suid-Afrika ‘n beroep op Roche gedoen om sy middel goedkoper te verskaf en oor patentreg te laat vaar om dit meer beskikbaar te maak vir almal wat dit nodig het.