9 miljoen in Gauteng teen Covid gespuit

Gauteng se gesondheidsdepartement sê die onlangse mylpaal van 9 miljoen Covid-19-entstowwe wat toegedien is, is betekenisvol. Dit bring die provinsie nader aan die doel om seker te maak soveel as moontlik mense wat in aanmerking kom, is beskerm teen ernstige siektes. Die departement werk daaraan om mense se voortbestaan te herstel en die ekonomie weer op dreef te kry. ‘n Woordvoerder, Kwara Kekana, sê hulle gaan voort om die entstof-veldtog op verskillende maniere na die gemeenskap te neem: