Amper twee-derdes van GRN-viskwotas nie gevang nie

Die Namibiese minister van visserye Derek Klazen sê 51 317 metrieke ton van die totale 87 500 ton se viskwotas wat deur die regering aangebied is, is nog nie gevang nie. Volgens Klazen is die kwota vir maasbanker en omdat die veiling in Junie aangebied is, was dit laat in die jaar en het bieërs in hul logistieke beperk. Nog ‘n bydraende faktor was die swak vangste in die laaste maande van die seisoen. Die kabinet het beslis die ministerie moet die kwotas aan die verskillende maatskappye en entiteite toeken, wat dan na verwagting gedurende die 2022-visseisoen gevang en geland sal word. ’n Totaal van 60 200 ton van die kwotas is opgeveil aan 12 maatskappye en entiteite en die oorblywende 27 000 is opgeveil aan die regering van die Demokratiese Republiek van die Kongo teen sowat 86 miljoen Namibiese dollar.