Loononderhandelings tussen Numsa en Gautrain op dooiepunt

Loongesprekke tussen die buurland se metaalwerkersvakbond en die Gautrein-bestuur, spesifiek die Bombela Operating Company, het vasgeval. Numsa se nasionale woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê een van hulle bekommernisse is die voorgestelde afskaffing van personeelkaarte, wat werkers toelaat om gratis op die trein te reis. Daarbenewens beoog die maatskappy ook om die behuisingstoelaag uit te faseer. Hlubi-Majola sê die vakbond eis ‘n nuwe loonooreenkoms, wat ‘n verhoging van 8 persent insluit: