Boskos kan help tydens droogte

Die landbousektor kry swaar en alle bedrywe sal na verwagting vanjaar verder daal weens die droogte. Die potensiaal om indringerbosse vir veevoer te benut hou aansienlike voordele vir Namibië in, veral gedurende die droë seisoen, of tye van droogte. Met die droogte wat na verwagting die grootste deel van Namibië se weiveld teen Augustus sal uitput, het die fokus nou verskuif na die belangrike rol wat indringerbosse, bekend as boskos, kan speel om vee te voer. Kosmos 94.1 Nuus het met Erastus Ngaruka, die tegniese adviseur van Agribank se adviesdienste, gesels…