Eerste waterbeperkings in suidoos Brittanje

‘n Britse watervoorsiener, South East Water, het ‘n tydelike verbod op tuinslange en sproeiers in die suidoostelike streke van Kent en Sussex aangekondig te midde van watertekorte. Die hoë temperature en lae reënval het die stap genoodsaak. Verlede jaar het Engeland sy eerste droogte sedert 2018 beleef met temperature vir die eerste keer 40 grade Celsius gestyg het. Ander dele van Europa, wat oor die algemeen gewoond is aan warmer weer as Brittanje, het ook die afgelope weke hul eie droë periodes beleef ná uiterste hitte verlede jaar, met vrese vir oeste in Frankryk en Duitsland, en Suid-Europa wat gereed maak vir ‘n somer van droogtes.