60m vate olie word uit noodreserwes vrygestel

Die Internasionale Energieagentskap se lidlande het ingestem om 60 miljoen vate olie uit hulle noodvoorraad vry te stel om die mark te bestendig. Dit volg terwyl die Russiese inval in die Oekraïne in felheid toeneem. Die 31 lidlande het kommer uitgespreek oor Rusland se inval in die Oekraïne en die uitwerking daarvan op energie-sekerheid. Amerika voorsien sowat die helfte van die wêreld se strategiese petroleumreserwes en van ander lidlande, insluitend die Verenigde Koninkryk, Duitsland, Japan en Australië word verwag om noodvoorraad aan te hou wat gelykstaande is aan 90 dae se netto-olie-invoere.