Oorvol skole: Dis nie net regering se plig nie

Die Suid-Afrikaanse onderwysaktivis Hendrick Makaneta sê die ANC-regering alleen kan nie die kwessie van oorbevolking by skole oplos nie en die privaat sektor sal moet ingryp. Die Gautengse onderwysdepartement vind dit moeilik om oorbevolking by die Laerskool Kutumela Molefi in Mamelodi, Tshwane, uit te skakel. Ouers het verlede week die skool se hekke versper om te betoog teen ‘n voorstel dat kinders per bus na ‘n ander skool vervoer word. Makaneta sê ouers moet saam met die departement werk om ‘n oplossing vir die probleem van oorbevolking te kry: