5 000 Russiese misdadigers begenadig vir diens gelewer

Meer as 5 000 voormalige misdadigers is begenadig nadat hulle hul kontrakte voltooi het om in Rusland se Wagner-huursoldaatgroep teen die Oekraïne te veg. Die stigter van die groep, Yevgeny Prigozhin, het duisende mans uit tronke gewerf en hulle die kans op vryheid gebied in ruil daarvoor dat hulle in sommige van die gevaarlikste gevegte in die Oekraïne deelneem. Daar was onlangs berigte dat ‘n Zamibiese burger, wat tronkstraf op ‘n dwelmklag uitgedien het, dood is in die Oekraïne nadat hy ook aangesluit het by die Russiese weermag.