Meer as helfte Afrikane het kommer oor skoolfonds-betaling

Die betaling van skoolfonds gee baie gesinne in Afrika suid van die Sahara ‘n finansiële kopseer, wat ‘n hindernis vir onderwys skep. ‘n Nuwe Wêreldbankverslag toon aan dat sowat 54 persent van die volwasse bevolking uiters bekommerd is oor die betaling van hul kinders se opvoeding, en dat 29 persent meer bekommerd is oor die betaling van skoolgeld as maandelikse rekeninge, soos mediese uitgawes. Ekonomiese uitdagings dra by tot die feit dat Afrika die hoogste koerse van onderwysuitsluiting onder die ses ontwikkelende streke ter wêreld het. Meer as ’n vyfde van laerskoolkinders is uit die skool, en byna 60 persent van jeugdiges tussen die ouderdomme van 15 en 17 is nie op skool nie. Die verslag, Global Findex-databasis vir 2022, dui ook aan dat 21 persent van Afrika se skoolgaande bevolking is by privaatskole ingeskryf.