Beroep op O-negatiewe bloedgroepe om bloed te skenk

Die Bloedoortappingsdiens van Namibië doen ‘n beroep op Namibiërs om bloed te skenk om lewens te red. Die diens benodig dringend bloed van die O-negatiewe bloedgroep wat dikwels die ‘universele bloedgroep’ genoem word omdat mense van enige bloedgroep dit kan ontvang. Dit maak dit uiters belangrik in ‘n noodgeval of wanneer ‘n pasiënt se bloedgroep onbekend is. Titus Shivute, woordvoerder van die diens het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…