40-jaar-oue moordsaak weer uitgestel

Die Hooggeregshof in Johannesburg het die saak teen twee voormalige apartheidsera-polisiebeamptes tot die 19de van die maand uitgestel. Hulle is in hegtenis geneem weens die moord op drie studente-aktiviste byna 40 jaar gelede. ‘n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag sê die uitstel is toegestaan sodat een van die beskuldigdes, Christian Siebert Rorich, regshulp kan inwin. Rorich en Thlomedi Mfalapitsa se saak hou verband met die moord op Eustice Madikela, Ntshingo Mataboge en Fanyana Nhlapo en poging tot moord op Zandisile Musi, tydens ‘n ontploffing by ‘n pompstasie in Krugersdorp in 1982.