Mbandeka se uitspraak in Gondwana-aansoek, vertraag

Uitspraak in die aansoek van die Namibiese prokureur-generaal Festus Mbandeka teen die Gondwana Collection is vandag uitgestel tot 25 Januarie volgende jaar. Volgens regter Thomas Masuku, is die uitspraak nog nie gereed nie. Mbandeka bring die aansoek saam met die sekretaris van die kabinet George Simataa om die uitvoering van die dagvaardiging teen hulle in die saak waar Gondwana die versekeringsmaatskappy Hollard dagvaar, ter syde te stel. Mbandeka en Simataa is in daardie saak opdrag gegee om verskeie eposse, dokumente en WhatsApp boodskappe aan die partye in daardie saak te verskaf en in die hof te getuig. In sy pleitstuk voor die hof het Mbandeka gesê dat eerstens, sy grondwetlike rol as prokureur-generaal word in gedrang geplaas as hy in ‘n saak moet getuig en tweedens, in verband met die dagvaardiging vir dokumente en meer, is daar geen datums verbonde nie en dit skend sy reg tot privaatheid. Gondwana en Hollard staan die aansoek teen.