Staatsgedenkdiens vandag vir FW de Klerk

President Cyril Ramaphosa sal volgens SABC die hoofspreker wees by die
staatsgedenkdiens van oudpresident FW de Klerk wat vandag in Kaapstad plaasvind.
Die 85-jarige De Klerk is verlede maand weens kanker oorlede. Die buurland se
regering het gemaan dat die polisie op die uitkyk sal wees vir enige betogings tydens
die plegtigheid en sê eenheid in die land is die belangrikste. De Klerk het voor sy dood
in ‘n video-opname om verskoning gevra vir die skade wat apartheid aangerig het. Daar
was na sy dood lewendige debatvoering oor sy nalatenskap.