Konny Looser dalk volgende jaar weer terug

Die voormalige solo-titelhouer en sesmalige wenner van die Desert Dash in Namibië,
die Switserse fietsryer, Konny Looser, sê hy sal heel moontlik volgende jaar terugwees
om die titel te probeer herower. Hy is vanjaar deur die Namibiër, Tristan de Lange
geklop. De Lange was minder as ‘n sekonde vinniger en het in 14-uur, 54-minute en 56-
sekondes oor die wenstreep gejaag. Looser erken dit was vir hom ‘n uitmergelende
uitdaging.