Meer as 300 miljoen mense het wêreldwyd Covid-19 aangemeld

Die totale aantal Covid-19-gevalle wat wêreldwyd aangemeld is, het die 300-miljoen merk verbygesteek. Die Omikron-variant se vinnige verspreiding het nuwe infeksie-rekords in verskeie lande veroorsaak. Vier-en-dertig lande het hulle grootste aantal weeklikse gevalle sedert die begin van die pandemie aangemeld, insluitend 18 nasies in Europa en sewe in Afrika. AFP berig dit lyk nietemin asof Omikron minder ernstige siekte veroorsaak, vergeleke met sy voorgangers. Die wêreldwye gemiddelde sterftesyfer het met drie-persent afgeneem.