Veeartseny verskerp maatreëls in NCAJune 5, 2025

Die Veeartsenydiens het dieregesondheidsmaatreëls in die noordelike kommunale gebied verskerp. Dit kom om bek-en-klouseer, longsiekte en knopvelsiekte te beheer. Alle boere wat hulle diere in die suidelike dele van Angola laat wei moet amptenare in kennis stel indien hulle beplan om hulle diere terug te bring sodat toetse uitgevoer kan word en diere ingeënt kan word. Verskeie toegangspunte in Ohangwena, Omusati, Kunene, die twee Kavango-streke en Zambezi geïdentifiseer. Die diens beklemtoon die belangrikheid van nakoming om uitvoerkontrake te eerbiedig.