Kleinhandel se lae salarisse onder die loepJune 5, 2025

Plaaslike media het onlangs berig oor die swak salarisse van kleinhandelwerkers. Statistieke toon dat 302 210 werknemers in Namibië se arbeidsmag maandeliks minder as 5 000 Namibiese dollar betaal word, terwyl kleinhandelwerkers ‘n maandelikse salaris van ongeveer 1 500 dollar kry. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tim Parkhouse, voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging.