Banke eis N$68,5m in mosiehofJune 27, 2025

Regters Hannelie Prinsloo en Esi Schimming Chase het vanoggend 90 aansoeke vir verstekvonnissie in die mosiehof hanteer met ses op die reël 108-rol. Kommersiële banke het 42 van die aansoeke gebring met 22 eiendomme en 20 lenings wat opgeëis is. Die totale skuldlas op eiendomslenings staan op 56,6 miljoen Namibiese dollar en 11,9 miljoen dollar op die lenings is nou betaalbaar. In Maandag se sessie hanteer regter Nate Ndauendapo 31 onverdedigde egskeidings.