Gratis varsity… wat word van privaat instellings?April 25, 2025

Die aankondiging deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah dat tersiêre onderwys gratis sal wees, skyn die lig op privaatinstansies en hulle toekoms. In die verband het Kosmos 94.1 Nuus dr. David Namwandi, die stigter en hoof van die International University of Management genader vir sy mening.

Solank die beleid voordele vir Namibiërs bied, sê hy hulle is tevrede.  

Daar is natuurlik kommer oor of Unam en Nust die toevlug van studente, wat kwalifiseer, kan hanteer.