Imwala soek Shikongo, betrek by N$30m se bedrog, se batesApril 25, 2025

Die aanklaer-generaal Martha Imalwa vra vanoggend vir regter Nate Ndauendapo om die reël nisi te verleng in haar saak waar sy beslag wil lê op die bates van Elizabeth Shikongo en Lancaster Training Centre. ‘n Tydelike bevriesing is toegestaan maar, Shikongo het intussen kennis gegee dat sy die aansoek sal teenstaan. Dit hou verband met die beweerde bedrogspul van 30 miljoen Namibiese dollar in Walvisbaai. Shikongo en vyf ander het na bewering ‘n 72-jarige Namibiese sakeman bedrieg met ‘n  voorlegging vir ‘n verpleegskool.