Sukkelende Nissan se hoof vat pad March 11, 2025
Die sukkelende Japanse motorvervaardiger Nissan het aangekondig dat sy uitvoerende hoof, Makoto Uchida, gaan bedank. Nissan het vroeër aangekondig hy gaan duisende werkers aflê en sy netto wins vir die eerste helfte van die boekjaar is 93 persent laer. Moody’s het Nissan se kredietgradering tot rommel afgegradeer, en verwys na sy swak winsgewendheid gedryf deur die swakker vraag na sy verouderde modelle. Nissan en Honda het verlede maand gesê hulle skrap samesmeltingsgesprekke wat die wêreld se derde grootste motormaatskappy sou geskep het na Toyota en Volkswagen.