Namibië betree PIAMI-era onder NNNMarch 11, 2025

In ‘n uitgebreide dokument lê die verkose president Netumbo Nandi-Ndaitwah haar visie vir haar presidentskap uiteen. Sy sê haar termyn sal op vyf pilare rus: Pragmatisme, integriteit, aanspreeklikheid, meritokrasie en inklusiwiteit rus, wat in Engels afkort tot PIAMI. Sy het in die dokument elke pilaar uiteengesit onder die verskeie ekonomiese sektore soos landbou, mynwese, toerisme en meer. Sy het integriteit en aanspreeklikheid uitgelig as die episentrum wat deursigtigheid en regverdigheid sal bevorder.