Kenner sê oor Namibië se eerste vroulike president, en beleidMarch 10, 2025
Verkose landspresident Netumbo Nandi-Ndaitwah is as Swapo se eerste vroulike president ingelyf. Sy sal ook later vandeesmaand as Namibië se eerste vroulike president ingesweer word, na haar verkiesingsoorwinning in verlede jaar se presidensiële verkiesing. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry by die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah, wat nie noemenswaardige veranderings in beleid verwag nie.