Engeland klop Italië om geringe kans op Sesnasies-titel lewend te hou  March 10, 2025

Engeland het op Twickenham ʼn bonuspunt-oorwinning van 47-24 oor Italië behaal en is nou tweede op die Sesnasies-punteleer, een punt agter Frankryk. Die vleuel Ollie Sleightholme het twee keer oor die doellyn geduik en die Rooi Rose het sewe drieë gedruk teenoor Italië se drie. Frankryk is in die beste posisie om die titel op Super Saterdag te buit in hul wedstryd teen Skotland. Engeland en Ierland staan egter ook nog ʼn kans. Engeland se afrigter, Steve Borthwick, sê hy is tevrede met die prestasie: