Carney vat leisels by Trudeau oor March 10, 2025
Die voormalige sentrale bank goewerneur, Mark Carney, gaan Justin Trudeau as Kanada se eerste minister en leier van die Liberale Party opvolg. Die 59-jarige Carney wat 85,9-persent van die stemme gewen het, sal die Liberale na die algemene verkiesing lei wat teen Oktober moet plaasvind. Die gewese adjunk- eerste minister, Chrystia Freeland, is tweede met agt-persent van die stemme. Carney het in sy aanvaardingstoespraak president Donald Trump van Amerika se instelling van tariewe en herhaalde oproepe dat Kanada Amerika se 51ste staat word, gekritiseer: