Meatco teken N$17,3m verlies in NCA aan

Meatco se sake noord van die rooilyn het in die 2023-24 boekjaar amper 850 000 kilogram beesvleis, ter waarde van 39,3 miljoen Namibiese dollar verwerk, versprei en uitgevoer. Net meer as 117 600 kilogram of 18 persent is na Angola en Ghana uitgevoer met 52 persent van plaaslik versprei is waarvan 30 persent suid van die kordonheining. Maar alles is nie maanskyn en rose nie. Operasionele verliese vir die sektor van die maatskappy se bedrywighede staan op 17,3 miljoen dollar, op van 13,6 dollar in die vorige boekjaar. Die maatskappy het net meer as 5 000 bees aangekoop in die gebied en net meer as 4 600 verslag.