Video van Musk wat Trump se tone suig word ondersoek

Ondersoek word ingestel na ‘n video wat met kunsmatige intelligensie geskep is, van die Amerikaanse president Donald Trump wat Elon Musk se tone suig, nadat dit in die hoofkwartier van ‘n Amerikaanse staatsdepartementgebou gespeel is. Die video was gister vlugtig op skerms by die Amerikaanse Departement van Behuising en Stedelike Ontwikkeling. ‘n Onderskrif is op die video geplaas met die woorde “Long live the Real King“, wat verwys na Trump se boodskap op syTruth Social-platform, ter viering van sy regering se verwerping van die spitsverkeerheffings in New York.