Putin kyk na alle lande met Russe – Zelensky
Die president van Oekraïne, Volodymyr Zelensky, waarsku lande met ‘n beduidende Russies-sprekende bevolking kan volgende in Moskou se visier wees. Hy sê die gevaarlikste oomblik is vir lande in Oos-Europa met mense met Russiese wortels, nie omdat hulle self enige bedreiging inhou nie, maar omdat die Kremlin hul veiligheid sal gebruik as ‘n verskoning vir ‘n inval. Hy het Pole, Slowakye, Letland, Moldawië en Estland genoem as van die lande wat moontlik bedreig kan word indien Oekraïne tot ʼn val kom.