Nida teken verliese aan, N$102m in laaste boekjaarFebruary 25, 2025

Die Namibiese Industriële Ontwikkelings-agentskap se jaarverslag wat die boekjare 2018-19 tot 2023-24 dek, toon reuse verliese. Terwyl die agentskap se bates met 30 persent gegroei het tot 1,37 miljard Namibiese dollar en inkomste met 20 persent in die periode gegroei het tot 165 miljoen dollar, is die laste baie groot. Die laaste wins wat getoon is was in 2020 toe 33 miljoen dollar aangeteken is en in 2024 is verliese van 102 miljoen dollar aangeteken. Nida beheer onder andere die Kavango Beesplas en die Naute Besproeiingsprojek.